Prof. Koch w Stellenbosch
Sluit Donderdag 23 Junie om 13:00 by ons aan vir ’n middaguurgesprek met prof Jerzy Koch (Adam Mickiewicz Universiteit, Poznan, Pole).
Onderwerp: Max Havelaar (1860): Die antikoloniale roman van Multatuli, sy struktuur en werking.
RSVP aan lfoster@sun.ac.za teen Woensdag 22 Junie.
Die gesprek sal in lokaal 693 (Letteregebou) plaasvind sowel as op Teams. Weens Covid-regulasies word sitplekke in die lokaal beperk.
